Creamy Chicken Pasta Pot

Flippen Lekka Recipes / Chicken

Creamy Chicken Pasta Pot

Product pairing

Ingredients

  • Gebruik verkieslik 'n platboom swartpot oor die kole

Method

  1. Braai ui en green pepper saam in olyfolie
  2. Braai hoenderbors fillette wat in repies gesny is by die uie en green pepper
  3. Geur na smaak met Flippen Lekka Spice
  4. Plaas bolletjies tagliatelle pasta (of jou pasta keuse) bo op
  5. Voeg water by en kook stadig tot pasta gaar en vloeistof weg is
  6. Voeg water by soos benodig
  7. Geur nou met nog Flippen Lekka Spice
  8. Verwyder meeste kole onder die pot
  9. Voeg 250 ml room by
  10. Die pasta sal die room absorbeer
  11. Voeg 'n laag gegeurde witsous (sowat 1 liter) bo-oor die pasta
  12. Krummel 'n pakkie Bacon Kips en strooi bo-oor die witsous
  13. Voeg gerasperde cheddar kaas bo op
  14. Versier met 'n paar skyfies (ringe) tamatie
  15. Plaas deksel op pot en plaas warm kole op deksel
  16. Voeg weer warm kole na 15 minute by
  17. Verwyder kole na sowat 30 minute
  18. Die kaas sal nou gesmelt en lekker crispy wees
  19. Kan ook op die stoof gemaak word
  20. Plaas dan die pot in die oond sonder die deksel om die kaas te smelt
Back to blog