Braaivleisbredie

Flippen Lekka Recipes / Braai favourites

Braaivleisbredie

Product pairing

Ingredients

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 1 ui, grof gekap
  • 1 knoffel-huisie, gekneus
  • Flippen Lekka Spice na smaak
  • 6-8 heel gebraaide skaaptjops
  • 1 blik (410 g) heel tamaties
  • 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
  • 250 ml (1 k) vleisaftreksel
  • 20 ml (4 t) blatjang
  • 250 ml (1 k) vars basilieblare
  • gekapte pietersielie en ekstra basilieblare vir garnering

Method

  1. Verhit die olyfolie in 'n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag en geurig
  2. Geur met Flippen Lekka Spice
  3. Voeg die skaaptjops, tamaties, botterbone, aftreksel, blatjang en basilieblare by en roer goed
  4. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 10-15 minute oor lae hitte prut tot geurig en warm
  5. Garneer met pietersielie en ekstra basilieblare
  6. Sit voor saam met romerige fyn-aartappels en 'n vars groenslaai
Back to blog