Flippen Lekka Recipes / Braai favourites
Brandewyn & Coke T-Bone Steaks
Product pairing
Worcester Sauce Spice
Shop pairing
Red Wine & Garlic Sprinkle
Shop pairing
Ingredients
- Twee koppies Coke
- Halwe koppie brandewyn
- Eetlepel Mrs Ball's-blatjang
- Twee eetlepels sojasous
- Twee eetlepels goeie asyn
- Flippen Lekka Spice na smaak
- Goeie gehalte T-Bone Steaks
Method
- Voeg die Coke en die brandewyn in 'n pan
- Voeg die blatjang by
- Kook totdat die hele storie 'n dunnerige stroop maak
- Roer dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog vyf minute
- Koel af
- Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute
- Braai nou die steaks op warm kole soos jy of jou gaste hulle wil hê
- Bedruip gereeld met die marinade
- Geur na smaak met Flippen Lekka Spice
- Dieselfde marinade kan ook op skaap- en varktjops gebruik word