Flippen Lekka Resepte / Hoender
Romerige Hoender-Pastapot
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Bestanddele
- Gebruik verkieslik 'n platboom swartpot oor die kole
Metode
- Braai ui en green peper saam in olyfolie
- Braai hoenderbors fillette wat in repies gesny is by die uie en green peper
- Geur na smaak met Flippen Lekka Spice
- Plaas bolletjies tagliatelle pasta (of jou pasta keuse) bo op
- Voeg water by en kook stadig tot pasta gaar en vloeistof weg is
- Voeg water by soos benodig
- Geur nou met nog Flippen Lekka Spice
- Verwyder meeste kole onder die pot
- Voeg 250 ml room by
- Die pasta sal die room absorbeer
- Voeg 'n laag gegeurde witsous (sowat 1 liter) bo-oor die pasta
- Krummel 'n pakkie spek Kips en strooi bo-oor die witsous
- Voeg gerasperde cheddar kaas bo op
- Versier met 'n paar skyfies (ringe) tamatie
- Plaas deksel op pot en plaas warm kole op deksel
- Voeg weer warm kole na 15 minuut by
- Verwyder kole na sowat 30 minuut
- Die kaas sal nou gesmelt en lekker crispy wees
- Kan ook op die stoof gemaak word
- Plaas dan die pot in die oond sonder die deksel om die kaas te smelt