Flippen Lekka Resepte / Soet afsluitings
Gebraaide Roomysballetjies
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Bestanddele
- 2 liter roomys, enige geur
- 2 eiers
- Tennisbeskuitjies, gekrummel
- Olie Skep roomys uit in balletjies
Metode
- Klits die eiers, doop die roomysballetjies daarin, en daarna in die tennisbeskuitjies
- Plaas op skinkbord en vries vir 4 ure
- Haal uit, herhaal weer die doopproses totdat jy geen roomys meer kan sien nie - slegs die gekrummelde tennisbeskuitjies
- Hou dit in vrieskas tot benodig
- Maak olie baie warm in kastrol
- Gebruik die draadbakkie waarmee jy gebakte skyfies maak, en sit roomysballe in
- Laat dit in die diep olie braai vir 'n maksimum van 15 sekondes
- Bedien onmiddellik met aarbeie en room