Flippen Lekka Resepte / Braai-gunstelinge
Braaivleisbredie
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Flippen Lekka Savoury Herb Mix
Koop produk
Bestanddele
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, grof gekap
- 1 knoffel-huisie, gekneus
- Flippen Lekka Spice na smaak
- 6-8 heel gebraaide skaaptjops
- 1 blik (410 g) heel tamaties
- 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
- 250 ml (1 k) vleisaftreksel
- 20 ml (4 t) blatjang
- 250 ml (1 k) vars basilieblare
- Gekapte pietersielie en ekstra basilieblare vir garnering
Metode
- Verhit die olyfolie in 'n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag en geurig
- Geur met Flippen Lekka Spice
- Voeg die skaaptjops, tamaties, botterbone, aftreksel, blatjang en basilieblare by en roer goed
- Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 10-15 minuut oor lae hitte prut tot geurig en warm
- Garneer met pietersielie en ekstra basilieblare
- Sit voor saam met romerige fyn-aartappels en 'n vars groenslaai