Flippen Lekka Resepte / Braai-gunstelinge
Vark & Pynappel Kebabs
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Bestanddele
- 1 kg ontbeende varkvleis in blokkies gesny
- 1 blik pynappelstukke
- 25 ml olie
- 125 ml suurlemoensap
- 25 ml sojasous
- 12,5 ml bruinsuiker
- 1 ui fyngekap
- 15 ml Flippen Lekka Spice
- 1 vars fyngemaalde knoffelhuisie
Metode
- Meng al die bestandele goed, tesame met die helfte van die pynappelsap, en marineer varkstukkies oornag daarin
- Ryg op 'n stokkie met soveel pynappel soos jy wil en braai oor die kole
- WENK: Laat week die stokkies vooraf vir 'n paar minuut in warm water
- Dit sal voorkom dat die stokkies brand