Pikante Patat Gereg

Flippen Lekka Resepte / Bykosse, slaaie en groente

Pikante Patat Gereg

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • Twee tot drie patats, geskil, in skywe gesny en halfgaar gekook
  • Ses tot agt gemmerkoekies, fyngemaak
  • Vier eetlepels bruinsuiker
  • 250ml Vars room

Metode

  1. Plaas die halfgekookte patatskywe in 'n gesmeerde oondbak
  2. Strooi die gekrummelde gemmerkoekies oor
  3. Strooi die bruinsuiker oor
  4. Voeg room by
  5. Bedek die bak met foelie en bak @ 180 C vir 30min
  6. Verwyder foelie en bak nog 10min
  7. Absoluut heeeeeeeeerlik !
Back to blog