Maklike Mossel Gereg

Flippen Lekka Resepte / Seekos

Maklike Mossel Gereg

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • 20 vars swart mossels of gevriesde mossels
  • 3 uie
  • Botter/olie
  • Halwe bottel witwyn
  • 2 blikkies Italiaanse tamaties
  • 1 brandrissie
  • 3 vars fyn knoffelhuisies
  • 10ml Flippen Lekka Spice
  • Vars Franse brood

Metode

  1. Braai opgekapte uie in botter of olie in pan tot goudbruin
  2. Voeg die res by en sit die deksel op
  3. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minuut en skud die pan gereeld
  4. Die mossels raak gou gaar
  5. As die mossels oop is, is hulle gaar en eetbaar, gooi die toe mossels weg dis is nie eetbaar nie
  6. Bedien met heerlike vars Franse brood
Back to blog