Flippen Lekka Resepte / Bees, lam en vark
Bobaas Beesstert
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Flippen Lekka Savoury Herb Mix
Koop produk
Bestanddele
- 2 Beessterte
- 1 botteltjie Griekse slaaisous (nie die romerige soort nie)
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 4 wortels gesny
- 10 klein aartappeltjies
- 15ml Flippen Lekka Spice
Metode
- Plaas die beessterte in 'n groot swaar ysterpot
- Meng die slaaisous, speserye en die soppoeier en gooi dit oor die beesstert
- Laat dit stadig teen 120 C vir 8 ure bak
- Voeg die wortels en aartappels die laaste 2 uur by
- Bedien op rys