Flippen Lekka Gebraaide Aartappels

Flippen Lekka Resepte / Bykosse, slaaie en groente

Flippen Lekka Gebraaide Aartappels

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • 750ml Kookolie. 750ml koue water. 8 tot 12 Medium grootte aartappels geskil en halfeer

Metode

  1. Plaas koue olie en koue water bymekaar in pot
  2. Voeg die heel aartappels by en plaas deksel op
  3. Plaas op stoofplaat op hoogste stelling
  4. Kook vir sowat 45 minuut
  5. Roer elke 15 min baie versigtig
  6. Verwyder deksel en braai vir nog sowat 15 minuut
  7. Op hierdie stadium het al die water reeds verdamp
  8. Verwyder uit olie en besprinkel met Flippen Lekka Spice
  9. Die aartappels sal vir ten minste nog 'n uur lank "crispy" bly
  10. Moenie bang wees dat die storie sal vlamvat nie
  11. Slegs wanneer jy koue water by warm olie gooi sal dit brandslaan
Back to blog