Flippen Lekka Vis

Flippen Lekka Resepte / Seekos

Flippen Lekka Vis

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • 800 g stokvis, gesny in blokkies
  • 1 koppie broodkrummels
  • 250 ml vars room
  • 1 koppie gerasperde mozzarellakaas
  • Gerasperde skil van een suurlemoen
  • Handvol pietersielie
  • 15ml Flippen Lekka Spice

Metode

  1. Smeer 'n oondvaste glasbak met botter of margarien en pak vis daarin
  2. Strooi Flippen Lekka Spice en suurlemoenskil oor
  3. Gooi die room oor die vis
  4. Strooi die pietersielie oor
  5. Meng broodkrummels en mozarella, en sprinkel dit oor
  6. Bak teen 180 C vir 30 minuut
Back to blog