Flippen Lekka Resepte / Bees, lam en vark
Befaamde Botterskorsies
Produk-pasmaat
Original Multi-Purpose Spice
Koop produk
Bestanddele
- 2 gekapte knoffelhuisies
- 1 gekapte ui
- 1 pakkie gesnipperde spek
- 2 botterskorsies, in die lengte deurgesny
- 750 g maalvleis
- Klein blikkie tamatie pasta
- 1 blik tamatie- en uiemengsel
- Gerasperde cheddarkaas
- 15 ml Flippen Lekka Spice
Metode
- Braai ui en knoffel in 'n bietjie olie
- Voeg spek by en braai verder
- Voeg die maalvleis en speserye by en braai tot bruin
- Voeg die tamatie- en uiemengsel en tamatie pasta by
- Kook intussen die botterskorsiehelftes in soutwater tot sag
- Vul botterskorsies met die vleisvulsel
- Rapser kaas oor
- Bak teen 180 C oop tot bruin