Sappige Spare Ribs

Flippen Lekka Resepte / Braai-gunstelinge

Sappige Spare Ribs

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • 1 Koppie suiker
  • Halwe koppie asyn
  • 1 koppie tamatiesous
  • Halwe teelepel Tabasco sous
  • 15ml Flippen Lekka Spice

Metode

  1. Meng al die bogenoemde in kastrol en maak warm
  2. Prut vir 2 min
  3. Marineer vark ribbetjie in die sous vir ten minste 3 ure
  4. Plaas ribbetjie met Marineer in bak en plaas in oond teen 140 C vir 90 min
  5. Braai nou liggies oor kole indien verkies
Back to blog