Flippen Lekka Visvinger Pastei

Flippen Lekka Resepte / Seekos

Flippen Lekka Visvinger Pastei

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • (Lekker en maklike Saterdag-middag gereg) 16 Goudgebraaide Visvingers
  • Tuisgemaakte tamatie & uie-smoor
  • Halwe pakkie Sampioensop poeier
  • 125ml Vars Room
  • 2 Eetlepels broodkrummels en 5ml Flippen Lekka Spice gemeng
  • 1 Koppie gerasperde cheddar kaas

Metode

  1. Plaas die gebraaide visvingers in 'n gesmeerde bakskottel en gooi die tamatie & uie-smoor bo-oor
  2. Klits die soppoeier en room goed sodat daar geen klonte is nie en voeg by
  3. Besprinkel nou met die krummel en spesery mengsel
  4. Strooi kaas bo-oor en bak in die oond teen 180 C vir 20 min
  5. Sit voor met 'n groen slaai
Back to blog