Piesang-Soutvleis Bobotie

Flippen Lekka Resepte / Vinnige gesinsmaaltye

Piesang-Soutvleis Bobotie

Produk-pasmaat

Bestanddele

  • 1 Gekapte ui
  • Halwe gekapte soetrissie
  • 2 teelepels kerriepoeier
  • 2 teelepels Flippen Lekka Spice
  • Opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
  • Eetlepel asyn
  • 1 Blik soutvleis (boelie bief)
  • 2 piesangs in skyfies gesny
  • 1 eier
  • Kwart koppie melk

Metode

  1. Braai ui en soetrissie in olie tot dit begin verkleur
  2. Voeg kerriepoeier en Flippen Lekka Spice by en braai vir 1 minuut
  3. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe melk en eier en roer liggies deur
  4. Plaas in oondvaste bak
  5. Klits eier en melk saam en giet bo-oor
  6. Prik met vurk dat vloeistof effens kan intrek
  7. Bak vir 30 min teen 180 C
Back to blog